Site logo

Follow Student News Grid on Facebook

 
Monday, 23 April 2012 08:57

LJ van Zyl kwalifiseer vir Olimpiese Spele

Written by 
LJ van Zyl kwalifiseer vir Olimpiese Spele Photo: Theperformancematrix.com

 

ZENNA MULLER: Die Suid-Afrikaanse 400m hekkies- en Tuks-atleet, LJ van Zyl, het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele wat later vanjaar in Londen sal plaasvind.

 

Volgens SASCOC (South African Sports Confederation and Olympic Committee) se kriteria moet atlete twee kwalifiserende tye vir die Olimpiese Spele opstel: een keer in die binneland en een keer in die buiteland, of twee keer in die buiteland. Van Zyl het die brons medalje in Augustus 2011 by die Wêreldkampioenskappe verower, waar hy sy eerste kwalifiserende tyd van 48.80 sekondes opgestel het.

Hy het sy tweede kwalifiserende tyd vanjaar op 5 April by die Yellow Pages Interklub-kampioenskappe by die ABSA Tuks Stadion behaal. Hy het die 400m hekkies hier gewen met `n tyd van 49.42 sekondes, net onder die 49.50 Olimpiese kwalifiserende tydmerk.

In die 2008 Beijing Olimpiese Spele het hy vyfde gekom in die 400m hekkies en was hy ook deel van die nasionale aflosspan. Van Zyl het nog nooit `n Olimpiese medalje ingepalm nie. Hy sê dat die Amerikaanse atlete op die oomblik sy sterkste teenstanders tydens die 2012 Olimpiese Spele sal wees, maar dat enige atleet wat in die finaal is `n sterk opponent is. “`n Mens moet nooit jou teenstanders onderskat nie,” het hy aan Perdeby gesê.

In die 400m hekkies by die 2011 Wêreld-kampioenskappe het Van Zyl `n brons medalje verower en `n silwer medalje in die 4x400m aflos saam met die nasionale span. Gedurende 2011 het hy ook `n nuwe nasionale rekord opgestel met `n tyd van 47.66, nadat hy Llewellyn Herbert se 11 jaar lange rekord met 0.15 sekondes verbeter het. Hy het sy eie rekord met byna een sekonde verbeter.

Van Zyl het ook deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, wat die naweek van die 13de en 14de April plaasgevind het. As gevolg van `n ligte kuitbesering het Van Zyl `n tweede plek behaal en die wedloop in 51 sekondes voltooi. “My groot fokus is natuurlik die Diamantligas [`n atletiekreeks in Europa] en dan die Olimpiese Spele.”

Atlete kan enige tyd gedurende die atletiekseisoen deur SAIDS (South African Institute for Drug-free Sport) getoets word vir die gebruik van verbode middels. “Ek’s maar `n redelik konserwatiewe ou. Ek vertrou ouens tot hulle gevang word,” sê Van Zyl.

Sy ouers en die mense saam wie hy oefen, hou hom gefokus en gemotiveerd. “Ek’t nie een spesifieke mentor nie. Ek het goeie vriende,” verduidelik Van Zyl verder. Sy afrigter, Hennie Kotze, werk al 10 jaar lank saam met hom en is definitief een van die mentors in sy lewe.

Van Zyl sê dat hy altyd sy nommer die aand voor die tyd op sy atletiekfrokkie vasmaak sodat hy dit nie sal vergeet nie. “Ek trek gewoonlik my linkerkantste skoen altyd eerste aan omdat ek my eerste hekkie links hardloop en ek het ook altyd `n sekere manier hoe ek opwarm.”

Hy sê dat `n mens veral in sport moet onthou om nooit goed as vanselfsprekend te aanvaar nie en dat jy altyd dankbaar en nederig moet bly.

Van Zyl is positief dat Oscar Pistorius, Caster Semenya en Willie de Beer (almal Tuks-atlete) ook vir die 2012 Olimpiese Spele sal kwalifiseer.

Perdeby wens LJ van Zyl voorspoed toe in sy voorbereiding en deelname by die Olimpiese Spele.

Go to publisher's site: http://www.perdeby.co.za/lj-van-zyl-kwalifiseer-vir-olimpiese-spele/

Login to post comments

Recent popular stories

Upcoming Events

Sun Jul 27 @ 5:00PM -
Half price pizza @ Jolly Roger
Mon Jul 28 @ 5:00PM -
Half price pizza @ The Bohemian
Tue Jul 29 @ 6:00PM -
R10 Student Night @ Stones Melville
Tue Jul 29 @ 6:00PM -
R10 Student Night @ Stones Observatory
Tue Jul 29 @ 8:30PM -
Student Night at Doors in Edenvale
Wed Jul 30 @ 5:00PM -
Half price pizza @ Jolly Roger
Thu Jul 31 @ 8:00PM -
Fiesta Thursdays @ Cafe Vacca Matta